
Drama, humor . . . en natuurlik liefde en liefdesdriehoeke. In Ouens is nes ekstra bagasie moet Barbara die vakansie by die Turkana-meer spandeer waar haar pa opgrawings doen en dokumentêre films maak. In Liefde is nie tjoklits nie is Tamara vir die eerste keer in haar lewe smoorverlief en ’n makeover is haar enigste hoop. In Soene op’n Suzuki het Lizanne skaars die supervatterige Gerhard afgesê of haar ma pers haar af om met hom op te maak.