Helene De Kock Keur 8 - Helene De Kock

Helene De Kock Keur 8

Vendor
NB Publishers
Regular price
R 310.00
Sale price
R 310.00
Regular price
R 310.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Item is in stock.

Helene de Kock Keur 8 sluit in ’n Oos-Vrystaatse familiesage en een van haar wynlandromans.

In Abel se dogters smag Abel Buitendag se dogters na meer warmte en kontak. Sedert hul ma se dood, toe hulle nog klein was, klou hul pa verbete vas aan dit wat verby is. Maar soos hulle een vir een uit die huis verlaat en deel word van die groter wêreld, gryp die lewe hul met woede en vreugde vas. Hulle ervaar die mooi, en ook die bitterheid, wat liefde bring. Adelien bevind haar skielik op ’n plek waar sy dringend haar eie hart moet leer ken. Bernadette loop ’n pad wat geen vrou ooit self sal kies nie. En Christelle kan eenvoudig nie haar jeugliefde vergeet nie.

Soetwyn vir ’n Sondagkind is die verhaal van ’n jong meisie wat vir die eerste keer voor die kompleksiteite van die lewe te staan kom en in die proses ryp word. Kleintyd al het Nicola besluit dat sy eendag soetwyn gaan maak op haar steifpa se wynplaas. Maar wanneer sy terugkom van haar studie in die buiteland, het dinge verander.