
Daar lê 'n besige tyd voor vir die Stalmaats. Anri, Karen en Megan moet oefen vir die perdekompetisie wat die vakansie plaasvind, en dan hou die skool boonop 'n Pretdag om geld in te samel. Maar iets is verkeerd. Waarom tree Karen skielik so vreemd op? Oefen sy te hard met Prinses? En waarom wil sy nie vir haar beste vriende sê wat fout is nie?