![Boomhuis met 13 Vloere Die - Andy Griffiths](http://www.thebookkeepershop.co.za/cdn/shop/files/9781485309543_39ed6bcf-c32c-466b-a7a2-1b8e44d804f0_{width}x.jpg?v=1736891172)
Andy en Terry woon in die beste boomhuis ter wêreld! Dit het ’n geheime ondergrondse laboratorium, ’n reusetenk vol haaie en ’n malvalekker-masjien wat oral agter mens aanrol en malvalekkers in jou mond in skiet net wanneer jy honger is! Pasop net vir die see-apies, en dié wat voorgee om see-apies te wees, en die reuse-meermin-seemonster ...! En tussendeur al hierdie pret, moet die twee vriende ’n boek skryf, en die sperdatum is môre!