Rietrotte 01: van Rietvallei Hoër - Nerine Ahlers

Rietrotte 01: van Rietvallei Hoër

Vendor
Protea Distribution
Regular price
R 175.00
Sale price
R 175.00
Regular price
R 175.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Item is in stock.

As Rietrot moet jy jou plek ken, besef Daniël du Randt met die intrapslag in Rietvallei Hoër. Almal sê daar bestaan nie iets soos ontgroening nie, maar hierdie matrieks het duidelik nog nie die boodskap gekry nie. Gelukkig het hy vriende soos Malebo, Antonie en Giovanni, want Peet Pretorius eet graad 8’s vir ontbyt en spoeg hulle soos fyngekoude grate uit.

Een vir een. Wanneer Daniël en Malebo een nag uit die koshuis glip en hulle vasloop in ’n skelm – wat vir Peet soos ’n lammetjie laat lyk – begin hulle probleme werklik. Moet hulle vir iemand daarvan vertel? Kan hulle dit waag? Sê nou daardie ou kom een donker nag terug om sy dreigemente uit te voer? Hoërskool is beslis nie vir sissies nie!