
"Privaat speurder Zeus van Wyngaardt sou nooit kon droom dat 'n godin soos Diana Engelbrecht (sy naam is Zeus, hy ken godinne) op 'n dag by sy gehawende kantoor in Springs sou instap nie. Haar opdrag: Vind die vermiste Esias Kok. Zeus besef gou agter elke storie is daar baie stories, en dié godin is dalk nie wat sy voorgee om te wees nie. Soos wat hy elke spoor begin volg, vervaag die grense tussen die reële en die digitale wêreld, oortreder en slagoffer, skuld en onskuld ..."--Back cover.