"Chris Schoeman neem van die grootste Suid-Afrikaanse rampe sedert die 18de eeu opnuut onder die loep, van die lotgevalle van die oorlewendes van die Grosvenor-skeepsramp op hul dodelike staptog kuslangs tot die tergende raaisels van die Helderberg-lugramp 200 jaar later. Hy skryf oor 'n groot verskeidenheid rampe: natuurrampe, rampe weens meganiese of menslike oordeelsfoute, busrampe, treinrampe en mynrampe. Ook bly die Groot Griep van 1918 en die Xhosaselfmoord in 1856/'57 nie agterweë nie"--Provided by Publisher.