
Sebastian of Basjan beskou homself as ’n ‘verloorder’ en die boelies in sy nuwe skool dink ook dat hy een is. Hy sukkel om by die stadslewe aan te pas nadat sy pa gesterf het. Hillbrow lyk skrikwekkend en vol misdaad ná ’n sorgvrye grootword op ’n plaas.