
Die Best Books Gegradeerde Leesreeks vir Graad 1–3 Huistaal is saamgestel deur die skrywers van die Nuwe Alles-In-Een-reeks om by die leerder se
• taalvaardigheid
• ontwikkelingsfase
• lewenservaringe
• belangstellingsveld en
• sin vir humor, aan te pas.
Die doel van die reeks is om jong lesers aan te moedig om vir plesier te lees en neem die leerder se oogspan, woordeskat, woordbegrip, sigwoordwoordeskat en fonetiese kennis in ag.
Elke leesboek bevat sigwoorde wat deel vorm van die leesboek se inhoud, sowel as taalaktiwiteite.
Die leesreeks vir Graad 1 bevat 16 leesboeke en vier vlakke – vier leesboeke per vlak. Elke leesboek in ’n vlak toon ’n duidelike progressive in terme van inhoud, woordkeuse, sinskonstruksie en woordeskat. Sommige leerders in Graad 1 kan ook leesboeke in ander vlakke soos Vlak 6–12 lees, afhangende van leesvermoë.