Die Nuwe Alles-In-Een se Pret met spel -werkboek vir Graad 2 Huistaal sal kinders opgewonde maak oor spelling en klanke! Hierdie boek bevat 40 kaart-, bord- en bewegingspeletjies wat die voorgeskrewe klanke en die sig- en spelwoorde vir Graad 2 op 'n prettige wyse inoefen. Die speletjies gaan gepaard met werkvelle ter inskerping. Die speletjies bevat stap vir stap voorafinligting met riglyne vir die onderwyser of ouer.