Alex se oupa het grys hare, dra valstande en kyk graag na reisprogramme
op TV. Maar op ’n dag raak hy skielik mal oor … BREIIINNNSSS! Dit is duidelik dat Oupa besig is om in ’n zombie te
verander. As Alex hom van dr. Zuurman en die zombiepolisie wil red, gaan hy ’n paar briljante planne, goeie vriende en hope broccoli nodig hê. En miskien kan hulle op die koop toe ook hulle droom bewaarheid om die Zambia en Egipte te siene kry!
Met Jacobs se sonderlinge kombinasie van humor en die deernisvolle uitbeelding van gesins- en ander verhoudinge, is dit
nie moeilik om te verstaan waarom hy die topverkoperkinderboekskrywer in Suid-Afrika is nie.