
Ná ’n raaiselagtige voorval by ’n akwarium
besluit Waldo en Connie om ondersoek in te stel.
Maar die geheim wat hulle ontdek, is selfs
vreemder as wat hulle ooit kon raai … Kan hulle
die eienaars van die akwarium help om een van
die see se grootste geheime te bewaar? En wie
is die geheimsinnige figuur wat hulle skynbaar
agtervolg – ’n beskermengel, of iemand vir wie
hulle moet ligloop?
Dit is die derde boek in hierdie suksesvolle reeks