 
      Padda is moeg daarvoor om net heeldag te sit en kwaak. Hy wil rondreis en die wêreld sien. Maar sal hy ooit weer veilig tuis kom? ’n Opwindende interaktiewe avontuur vir dapper klein reisigers met loergaatjies en ’n uitvou-verrassing aan die einde.
Die boek is perfek vir peuters. Dit ontwikkel geletterdheidsvaardighede en ruimtelike woordeskat.
