Die Hand wat die Spykers Ingeslaan het - Fletcher J Ray

Die Hand wat die Spykers Ingeslaan het

Vendor
Christian Art Distributors
Regular price
R 100.00
Sale price
R 100.00
Regular price
R 100.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
This product is either out of stock or available on pre-order. Please click on "Place an Order" to order the product.

Terwyl hy herstel van ’n wond wat hy in die Eerste Wêreldoorlog opgedoen het, ontdek ’n soldaat wat in die Midde-Ooste gestasioneer is een van die mees opspraakwekkende argeologiese vondste in eeue. Omstandighede keer egter dat hy dit verder kan ondersoek. Maar een aand in 1920 maak hy die houtkissie oop en ontdek binne-in ’n stuk perkament, drie spykers en die beentjies van ’n man se regterhand. En so ontvou die verhaal van Scipio Martialis, ’n Romeinse soldaat uit Christus se tyd; die verhaal van die man wat vir Jesus Christus gekruisig het.
Die hand wat die spykers ingeslaan het voer die leser mee op ’n man se aangrypende reis deur die belangrikste gebeurtenis in die geskiedenis van die wêreld. Skrywer J. Fletcher Ray teken Jerusalem in die eerste eeu na Christus en vertel hoe die geboorte, lewe en dood van Jesus gewone mense deel gemaak het van God se groot plan vir die verlossing van die mensdom. Elkeen wat daardie Vrydag op Golgota was, kon nie anders as om geraak te word deur Jesus se dood nie. Veral nie die Romeinse soldaat wat die spykers in Jesus se hande en voete moes inslaan nie.