Hierdie woordeboek is deel van die Pharos-intreevlakreeks vir tweetalige woordeboeke vir Engels en die nege amptelike Afrikatale in Suid-Afrika. Dit bevat trefwoorde vir Engels en Tswana met vertalings en definisies vir elke inskrywing, asook vertalings vir alledaagse uitdrukkings.
Hierdie gebruikersvriendelike woordeboek is geskik vir:
Engels- of Afrikaanssprekers wat Tswana wil aanleer
moedertaalsprekers en aanleerders van Tswana op soek na die regte vertaling in Engels.