Die Suid-Afrikaanse Gids is ’n omvattende naslaanbron vir enige belangstellende – oud of jonk, Suid-Afrikaans of ’n toeris – wat enige inligting omtrent Suid-Afrika maklik wil bekom.
Die gids bevat ’n ietsie van alles: van die geskiedenis van ons land, ons fauna en flora, wildparke, sportstatistieke tot wenke oor geldbesparing, die aankoop van ’n motor, goeie maniere en trou-etiket.
Hierdie gids is ’n moet vir enige huis, boekwinkel, hotel, toeristekantoor, biblioteek en skool.