Blinde Kol
Product image

Blinde Kol

Coming Soon
Vendor
Lapa Uitgewers
Regular price
R 360.00
Sale price
R 360.00
Regular price
R 360.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
This product is either out of stock or available on pre-order. Please click on "Place an Order" to order the product.

Ek wil met Karla praat of ek skiet almal dood.

Dis wat die jong man sê nadat hy sy pad by ’n dameskoshuis ingeskiet het. Minstens twee meisies lê dood voor die ingang. Niemand weet hoeveel daar nog aan die binnekant is nie. Maar die polisie weet hy het gyselaars geneem.

Hoekom het hy juis vir AO Karla Blanckenberg (Losprys) gevra? Nie sy of die ander lede van haar gyselaar onderhandeling span herken hom nie.

Intussen arriveer AO Colin Menck (Donker Spoor, Skuldig) ook op die toneel. Met ’n dogter wat self ’n student is, voel die situasie heeltemal te persoonlik.

Terwyl Blanckenberg die jong man se binnewêreld probeer ontsluit, grawe Menck in sy verlede om uit te vind wat hom tot hierdie punt gedryf het. Maar hoe meer hulle leer, hoe meer onvoorspelbaar raak die situasie, en hoe groter die lewensgevaar vir almal betrokke.