Bollie-Wollie en die nag voor Kersfees is 'n unieke storie oor die geboorte van Jesus Christus. Bollie-Wollie is 'n oulike lammetjie met 'n sagte pienk neus wat saam met sy gesin na Bethlehem reis om die nuwe Herder te ontmoet.
Hierdie is 'n wonderlike boek om die spesiale storie en boodskap van Kersfees met jonger lesers te deel deur die oë van Bollie-Wollie as 'n klein karaktertjie wat teenwoordig was die nag van Jesus se geboorte.
Hierdie boek is die ideale geskenk vir jong kinders om die boodskap van Kersfees oor te dra.