Sê goeienag saam met Ollie die Olifant, Lara die Luiperd, Bertie die Buffel, Rienie die Renoster en Louis die Leeu in hierdie pragtige versameling slaaptyd-stories. Elke verhaal neem klein hartjies op ’n gerusstellende avontuur saam met die Groot Vyf deur die Afrikabosveld, met temas soos gehoorsaamheid, hoe om vrese te oorkom, vriendelikheid en moed.’n Heerlike voorleesboek wat ouers en kinders aand ná aand saam kan geniet.