’n Toilet wat ontplof?
Marmelade en blaarblasers?
’n Kamer wat soos ’n varkhok lyk?
Jy’s seker nie ernstig nie!
’n Goudvis wat blaf?
’n Krokodil in die bad?
Haas wat vir Skilpad in ’n resies wen?
Jy’s seker nie ernstig nie!
Die 56 splinternuwe rympies in dié lekker lawwe bundel is glad nie
ernstig nie! Dit is bedoel om jou te laat laat skater van die lag. Jaco
Jacobs se gewilde rympies is perfek vir voorlees en voordra.