Stel babas en kleuters bekend aan kleur met hierdie helder en
treffende kartonboek 'n opwindende nuwe toevoeging tot die
topverkoper Eerste 100-reeks.
Daar is meer as 100 foto's van kleurvolle voorwerpe om na te
kyk en oor te gesels, met etikette om te lees en te leer.
Die bladsye is gemaak van stewige karton vir ure se leesgenot,
en die omslag is sag opgestop sodat klein handjies dit maklik
kan vashou. Eerste Boek van Kleure sal 'n uitstekende
toevoeging tot enige vroeë-leerbiblioteek wees.