Die stories, rympies, liedjies en inligtingstekste in hierdie voorleesbundel vir graad 1-leerders is eenvoudig, met herhalende patrone en ’n fokus op luister en praat – dit help leerders om op ’n prettige en natuurlike manier hul taalvermoëns te ontwikkel. Hierdie volkleurbundel bevat tekste deur geliefde skrywers soos Linda Rode, Leon Rousseau, Marita van der Vyver en Mart Meij. Die pragtige illustrasies en aktiwiteite by elke teks maak daarvan ’n onmisbare hulpbron vir elke graad 1-klaskamer.