n Paar jaar ná Nuwe Kinderverseboek, saamgestel deur Riana Scheepers en Suzette Kotzé-Myburgh, word Gertie Smit, opvoedkundige van Wellington, deel van die span. Hierdie bundelbied 'n keurversameling verse vir die heel kleintjies (1 tot 3 jaar) en is saamgestel volgens nasionale opvoedkundige vereistes. Die rympies dek al die onderwerpe wat deel is van kleintjies se leefwêreld - in maklike, sprankelende Afrikaans.