
Alex het ’n teorie oor chaos. Waar hy ook al gaan, volg dit hom. Dis hoekom hy joernalis geword het en hom nou in Tanzanië bevind. En hier ontmoet hy vir Ranna, ’n beeldskone vryskutfotograaf. Wanneer die lyk van ’n Amerikaanse IT-biljoenêr op ’n strand uitspoel, is hy skielik betrokke by die ondersoek met Ranna as die hoofverdagte. Moet hy na sy hart luister en vir Ranna help? Of moet hy weghardloop?