"Op Dinsdag 5 Desember 2017 was die Steinhoff-groep nog R193 miljard werd. Slegs 24 uur later is meer as R117 miljard daarvan uitgewis. Die Steinhoff-ryk, wat oor 50 jaar tot 0Ì9n internasionale kolos opgebou is, het oornag verkrummel. Markus Jooste, Steinhoff se flambojante grootbaas, het per SMS bedank en sedertdien val geraamtes die een na die ander uit sy kas: bewerings van bedrog, spoghuise vir 0Ì9n blonde minnares en 0Ì8n lewe van oordaad. Wat presies het hier gebeur? Wie het wat geweet? Wat is Steinhoff, wie is Markus Jooste en wat het dit met die sogenaamde 0Ì8Stellenbosch-mafia0Ì9 te doen? Hoe pas die magnaat Christo Wiese, Shoprite en Pepkor in en waar is die pensionarisse se geld? Die bekende skrywer James-Brent Styan beantwoord di©♠en ander vrae in hierdie verstommende verhaal van die grootste finansi©±le ineenstoring in die geskiedenis van Suid-Afrika. Deur onderhoude met bronne in die binnekring, inligting uit vertroulike dokumente en dieptenavorsing oor Steinhoff se geskiedenis, gee Styan die publiek 0Ì8n blik op die binnewerkinge van die groep. Steinhoff en die Stellenbosse Boys is 0Ì9n boeiende sakeriller wat nog dekades lank in sowel raadsale en sitkamers oorvertel sal word.0Ì+--Agterblad van boek.