Prettige Feite: Plaasdiere - LAPA

Prettige Feite: Plaasdiere

Vendor
Lapa Uitgewers
Regular price
R 150.00
Sale price
R 150.00
Regular price
R 150.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
This product is either out of stock or available on pre-order. Please click on "Place an Order" to order the product.

Hierdie reeks is spesiaal ontwikkel vir kinders 5 jaar en ouer, en is die perfekte mengsel van opvoedkundige inhoud en eenvoudige, praktiese aktiwiteite soos handwerk, kookkuns en tel. Jong lesers leer meer oor ’n verskeidenheid interessante onderwerpe en kry die geleentheid om prettige projekte aan te pak wat by die temas aansluit. Die eenvoudige aktiwiteite dra by tot die ontwikkeling van geletterdheid, syfergeletterdheid, geheueontwikkeling en handvaardigheid. Hou die kleinspan besig terwyl hulle speel-speel leer!

Plaasdiere
Kuier ’n dag lank op die plaas! Loer in by die perde en voer die hoenders. Kinders leer meer oor die lewe van plaasdiere en ontdek interessante feite oor die plaaslewe terwyl hulle verskillende handwerk-aktiwiteite, raaisels en leerspeletjies voltooi. Elke bladsy bevat helder foto’s met maklik verstaanbare teks en eenvoudige stap vir stap instruksies wat jong lesers kan volg om die projekte te voltooi. Die boek kombineer feite vir kinders met prettige aktiwiteite – die perfekte manier om lang somersdae deur te bring!