Groot tree: Kan jy asseblief se? - LAPA

Groot tree: Kan jy asseblief se?

Vendor
Lapa Uitgewers
Regular price
R 170.00
Sale price
R 170.00
Regular price
R 170.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Item is in stock.

Hierdie reeks boekies is ontwerp met die doel om ouers en hul kleuters te help om nuwe ervaringe en alledaagse dinge soos slaaptyd, kleuterskool, doktersbesoeke en goeie maniere op ‘n lekker manier onder die knie te kry. Speel saam met al die flappies en meganismes!
Hierdie reeks bevat verskeie nuttige wenke vir ouers en versorgers wat saam met ‘n vooraanstaande ontwikkelingsjare konsultant, Dr Amanda Gummer, ontwikkel is.

Daar is ses hoogs versamelbare titels in die reeks:

Ek wil nie slaap nie
Gaan saam met Ned deur sy slaaptydsroetine, al is hy glad nie slaperig nie. Hy en Mamma bêre saam sy speelgoed, bad, lees ‘n storie en sing ‘n liedjie!

Klaar met doeke
Hierdie twee kleuters is klaar met doeke! Beleef die proses saam met hulle.

Ek gaan kleuterskool toe
Bennie is baie hartseer toe Pappa hom by die kleuterskool aflaai – maar kort voor lank is hy besig om maatjies te maak en allerhande dinge te doen! Voor hy sy oë kan uitvee is Pappa al terug.

Ons kry ‘n baba
Nancy kry ’n bababoetie! Oupa en Ouma kom bly by haar terwyl Mamma en Pappa hospitaal toe gaan. Verwelkom saam met Nancy die splinternuwe baba in die familie!

Ons gaan dokter toe
Billy en Nell is op pad dokter toe. Lees saam hoe hulle ondersoek word en elkeen ‘n inspuiting kry!

Kan jy asseblief sê?
Tom en Nancy speel te lekker saam, en leer hoe om te deel en goeie maniere te hê.