Wilde Willemientjie is werklik wild! Voor die verskyning van haar eerste tand is Willemientjie se wildheid wêreldbekend. Met al die diere van die diereryk wat sy om haar pinkie kan draai, beleef sy die een avontuur na die ander: in die Kalahari, Paternoster, selfs op die maan! En so tussen die klappe wat sy en die diere aan booswigte toedien, sorg hulle vir een groot makietie.