Sakkie Die Skapie Se Wilde, Wollerige Dag
Product image

Sakkie Die Skapie Se Wilde, Wollerige Dag

Vendor
Penguin Randomhouse SA
Regular price
R 180.00
Sale price
R 180.00
Regular price
R 180.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
This product is either out of stock or available on pre-order. Please click on "Place an Order" to order the product.

Kom saam op ’n wilde jaagtog soos ons vir Sakkie die skapie probeer vang! Hierdie oulike avontuur gaan oor plaasjapies wat ’n ondeunde hanslammetjie probeer inhardloop. Terwyl klein Sakkie deur Karoo-plase dartel en baljaar, sien jong lesers die wêreld van wol in aksie: skaaphonde wat die trop bymekaar maak, skeerders wat met wollerige skape werk, pragtige stoetramme wat rosette wen, spinwiele wat tol... en selfs ’n deftige modeparade vol uitbundige uitrustings.

Deur die verhaal is daar brokkies inligting vir nuuskierige lesers: Hoe vinnig kan jy ’n skaap skeer? Hoeveel sokkies kom uit een skaap se wol? Hoe slim is ’n skaaphond?

Hierdie komiese, kleurvolle verhaal is ryk geïllustreer en trots Suid-Afrikaans. Die leesvlak en inhoud stem ooreen met die Nasionale Kurrikulum se Grondslagfase CAPS (Afrikaans en Lewensvaardighede), hoewel jonger kinders ook die verhaal, visuele elemente en humor sal geniet.