Swartval (2026 uitgawe)
Product image

Swartval (2026 uitgawe)

Vendor
Lapa Uitgewers
Regular price
R 350.00
Sale price
R 350.00
Regular price
R 350.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Item is in stock.

Hy het teruggekom.
Die een wat die blomme op haar kar gelos het.
En hierdie keer het hy nie gekom
om iets te bring nie,
hy het gekom om iets te vat.

Vir haar.

En nou word Claire Winters iewers in ’n sel van sement gevange gehou. Eers plaas sy haar hoop op haar speurderbroer. Hy weet wie die man is wat haar ontvoer het. Maar nog ’n lang, donker dag eindig met ’n toebroodjie en ’n glas water en Derek kom nie. Claire besef hierdie keer sal sy haarself moet red. Voordat haar verstand heeltemal in die swart van die kelder oplos.

Die enigste uitweg is deur haar ontvoerder. Want hy het die kelder se sleutel. Maar net toe sy dink sy begin vordering maak, vind Claire uit waarvoor sy regtig aangehou word.