Welkom by die vierde industriële revolusie: waar diep-fop videos soos die waarheidlyk,
jou horlosie jou vertel of jy ʼn goeie nagrus gehad het en jou beste pel ʼn KI-metgeselbot is!
Skermslim: 'n Gids vir veilig speel in die digitale ruimte
is die allerbeste gids viramper-tieners om die wêreld te verken. Jy sal leer hoe om die harige-tuna-vis-mante vermy,
om hondebollie-kuberboelies aan te meld en ‘n blaaskans te vat vanverslawende toepassings.
Kom skaats deur die digitale ruimte met Nova,
ʼn KI bot. Laat QR-kodes jou neemna prettige aktiwiteite en leer van ware stories oor skermskaatsers,
nes jy,
wat hieren daar die verkeerde paadjie met hul skaatsplank gevat het.
Opskud,
die jongste tegnologie wag vir niemand nie!