"Kate en haar vriendin, Amber, is teen hulle sin vir die vakansie op Kaimanskuil, die Karooplaas waar Kate se pa grootgeword het. Sommer met die intrapslag gee die spokerige opstal en die weird mense Kate koue rillings. Om sake te vererger laat swaar reën die drif afkom en hulle is vasgekeer. Grillerige goed gebeur in die ou volstruispaleis, maar dis diep in die donker kloof agter die opstal waar Kate se tergende vrae beantwoord word: Skuil daar regtig 'n meermin in die riviere van die Klein Karoo? En wat het sy met haar, Kate, te doen?"--Back cover.