
Hoekom is party lande ryk en ander arm? Hoe verklaar ’n mens Patrice Motsepe se rykdom en miljoene se armoede? Hoekom het Indiërs ’n bruidskat en Afrikane lobola? Dit is enkele van die vrae wat Johan Fourie verken in hierdie onderhoudende, toeganklike ekonomiese geskiedenis wat strek van die mensmigrasie uit Afrika 100 000 jaar gelede tot die pandemie. Reis saam met Fourie deur ’n Suid-Afrika-gesentreerde geskiedenis en die storie van ons lang pad na ekonomiese vryheid.