Die titel kan vertaal word as "Die spook se skat". Dis die verhaal van Sgegede, wat met die hulp van 'n moetie-man sy oupa se versteekte skat van Krugerrande ontdek. Hy kry dit reg om die skat in geld om te sit, maar sy familie se skielike rykdom wek agterdog, en boonop pla sy gewete hom vreeslik. Dan kom dit uit dat Sgegede se oupa moontlik betrokke was by die moord op sy nuwe meisie se pa . . .