Ben en sy oupa was lief vir walvisse dophou . . . maar toe oupa sterf, vertel Pa vir Ben van 'n walviskalf wat lank gelede in hulle baai gebore is, en van die ou bultrug saam met wie die walviskalf graag in die baai rinkink het. Die jong walvis moes ook leer afskeid neem.
Hierdie pragtige verhaal oor hoe om verlies te verwerk sal ouers en kinders se harte aanraak. Deur bekende natuurbeelde en -feite word die jong kind gelei tot aanvaarding en berusting.