
Gina weet omtrent niks oor haar pa nie, buiten dat hy eens verloof was aan Koringa, ’n krokodiltemmer, en dat hy begrawe is in ’n ongemerkte graf. Tussen skofte deur by die inbelsentrum, terwyl Twyfel pal oor haar skouer loer, werk sy aan ’n roman oor hom en lig uiteindelik die sluier oor ’n komplekse, hartseer, maar ook snaakse en betowerende lewe. ’n Storie oor liefde, familie, vrees en die verdrywing van vrees: ’n viering van sterk vroue en ’n verdediging van ’n ‘senuagtige’ man.