Skoenlapper (#1) - Venter Irma

Skoenlapper (#1)

Vendor
NB Publishers
Regular price
R 245.00
Sale price
R 245.00
Regular price
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

n Naelbyt-spanningsverhaal met eiesoortige karakters en 'n besonderse liefdesverhaal, deur 'n opwindende nuwe skrywer. Alex het 'n teorie oor chaos. Waar hy ook al gaan, volg dit hom. Dis hoekom hy joernalis geword het en hom nou in Tanzanië bevind. By 'n troue iewers tussen Dar es Salaam en Arusha ontmoet Alex vir Ranna, 'n vryskutfotograaf met 'n bos swart krulhare, 'n t-hemp wat sê dr. Seuss is altyd reg, en 'n verlede waaroor sy nie praat nie. Alex wat lankal nie meer in Die Liefde glo nie, weet: dit is hoe dit voel. Maar dan haal die chaos hom in. Eers begin dit onophoudelik reën en paaie en dorpies spoel weg. En dan, wanneer die lyk van 'n Amerikaanse IT-biljoenêr op 'n strand uitspoel, word dit duidelik dat Ranna met rede haar verlede probeer begrawe. Waarom anders stel die polisie skielik in haar belang? Die aweregse karakters in hierdie spannende raaiselroman, sal gou ou vriende word. Die briljante polisieman Hamisi Habane word deur sy eie spoke voortgedryf, en vir Alex se IT-kontak, die petite Sarah Fourie van Pretoria-Wes, is geen inligting buite perke nie, solank sy haar ses blikkies Coke en haar rekenaar byderhand het. ”Witwarm romanse, moord, die eksotiese Dar es Salaam: Irma Venter is 'n belowende nuwe spanningskrywer.” - Karin Brynard