
Flora Beukes woon saam met haar pa Frans, ma Siena en drie jonger sibbe op die Myburghs se plaas in die distrik Keimoes. Tydens die Kersvakansie van 1982, terwyl Siena planne maak om van Frans te skei weens sy drinkery, gebeur die onvermydelike en word die gesin uitmekaar geruk.
Engela Ovies se tweede roman is ’n hartroerende verhaal oor ’n dapper tienermeisie se liefde vir haar sibbe. Dit getuig van medemenslikheid, vergifnis en oorwinning – eerlik, deernisvol en opreg.