Zackie Mostert: Omnibus 1 (01-05) - Jacobs Jaco

Zackie Mostert: Omnibus 1 (01-05)

Vendor
Lapa Uitgewers
Regular price
R 175.00
Sale price
R 175.00
Regular price
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.
This item is out of stock. Please "Add to Cart" to order.
Usually ships in 7 to 10 days.

Vyf Zackie-avonture in een fantastiese omnibus!  Granaatstraat is ’n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad!  Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou kulkunsies doen, spoke jag, probeer om ’n superheld te word of ’n plan moet maak om uit die skoolkonsert te kom – waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het dié gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwêreld gebring, en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, sy hond, Frankenstein, die kwaai buurtannie, mevrou Langenhoven – en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak!  Vir die heel eerste keer verskyn vyf van Zackie se lawwe avonture saam in een briljante, bekostigbare omnibus: 1. Zackie Mostert en die ongelooflike kulkunsie 2. Zackie Mostert en die (Byna) Baie Briljante Idee 3. Zackie Mostert en die super-aaklige soen 4. Zackie Mostert en die Gemaskerde Groen Gevaar 5. Zackie Mostert en die spokerige storie