My Eerste Boek oor Honde - LAPA

My Eerste Boek oor Honde

Vendor
Lapa Uitgewers
Regular price
R 140.00
Sale price
R 140.00
Regular price
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

Alles wat kinders oor honde wil weet!

Ontdek alles wat jy nog altyd oor honde wou weet, van verskillende rasse, eienskappe en versorging, tot fassinerende inligting oor hoe honde met ons en met ander honde kommunikeer.

Hierdie boek is perfek vir enige iemand wat van honde hou, of jy nou reeds ’n honde-eienaar is of daarvan droom om jou eie hond te kry. Leer wat honde met hul liggaamstaal wys, waarvan hulle droom wanneer hulle slaap, en wat hulle vir ons probeer sê. Kom beleef die wonderlike wêreld van honde met hierdie nuttige gids propvol fantastiese foto’s en skattige feite oor honde. Vind uit hoe verskillende rasse se unieke eienskappe van mekaar verskil, leer hoe om jou beste vriend te versorg sodat hy stertswaai-gelukkig en gesond bly, en verstom jou aan hierdie wonderlike diere se supersintuie en ratse toertjies.