Katte van Kathu, Die
Product image

Katte van Kathu, Die

Vendor
Lig En Duisternis Uitgewers
Regular price
R 130.00
Sale price
R 130.00
Regular price
R 130.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.

ISBN: 9781067221065

In stock

Katte van Kathu sit hul dorp oppi mêp, deur Adriaan Swanepoel, is ’n vrolike kinderboek wat die waarde van deursettingsvermoë, waagmoed en spanwerk baie mooi na vore bring. Die katte van Kathu is ’n spesiale klomp katte wat nie skroom om ’n nuwe uitdaging aan te pak nie. Hulle kyk die kat eers goed uit die boom toe ’n nuwe kat in die dorp kom bly. Nie lank daarna nie, besluit hulle om saam te werk om die mense te laat besef hoe belangrik die dorpie, Kathu, is. Met die slim spel in die katte se name, leer die kleinspan gou die betekenis van moeiliker, abstrakte woorde. Hulle leer van familiebande en die belangrikheid om ongeag uitdagings, vas te byt en jou droom te verwesenlik. Die taal is geskik vir jong lesers, dit is beskrywend en op hulle leefwêreld gerig. Tog is daar die uitdaging van woorde wat die karaktereienskappe van die katte verduidelik. Met ’n goeie skoot humor wek die verskillende katname die jong leser se nuuskierigheid en moedig dit ook kreatiewe denke aan. Die illustrasies is lewendig, duidelik en gepas. Indien die storie voorgelees word, kan die jong leser duidelik volg deur na die oulike illustrasies te kyk. Kinders van voorskool tot en met graad 3 sal die boek geniet. Ouer kinders sal die woordspelings baie opwindend vind.