Vandagsedag
Product image

Vandagsedag

Vendor
Naledi Uitgewers
Regular price
R 275.00
Sale price
R 275.00
Regular price
R 275.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Item is in stock.

Sedert haar boeke C’est la Vie (2013) en Net mooi fine (2019), word Lanie van Reenen dikwels gevra wat sy
deesdae skryf. Sy systap die vraag deur te antwoord: Ek lewe gelukkig en klein en onder die radar, dankie.
Daar is niks om oor te skryf nie. Tog skryf sy steeds haar beste gedagtes in haar notaboek neer en wanneer dié verlore raak, voel dit soos ’n klein persoonlike ramp. Dit is soos om ’n hand vol pêrels te verloor, en is om te skryf al wat sy wil doen; al met die tydlyn van die afgelope vyf jaar langs, te probeer onthou, die juwele weer bymekaar te hark.

In Vandagsedag deel Lanie van Reenen die juwele van hierdie kleiner, onder-die-radar-lewe; die huis wat
sy liefderik restoureer in die plattelandse dorpie waar sy land, hoe sy, ten spyte van die beperkinge wat met die ouderdom saamkom, steeds ja sê vir avonture. Sy beleef die laaste jare van haar ma se lewe intens en bring haar eie gedagtes oor oudword in perspektief. Sy verlustig haar in die klein detail van ’n vervullende alleenlewe, besef dat sy dit tot ’n kunsvorm kan verhef in die wete dat al wat sy – ons almal – het, is inderdaad vandag se dag.
Die herdruk van Lanie van Reenen se boeke C’est la Vie en Net mooi fine val saam met die publikasie van haar nuwe boek, Vandagsedag, wat haar memoires-trilogie voltooi.