Nog ’n magiese jeugverhaal uit die pen van die ATKV-Woordveertjiewenner Celeste Slabber-Loriston! As jy hou van buite die boks dink en die bo-natuurlike, is hierdie boek vir jou! ’n Magiese jeugverhaal wat ook elemente van reïnkarnasie bevat. Emily en Jessica se stories begin eeue ná mekaar – een op ’n plaas in die 1800’s en die ander in ’n arm woonbuurt in 2018. Maar tog deel hulle stories dieselfde elemente soos die towerboek, gloeiende rok en onheilspellende figuur in die woud … So ís dit verskillende stories? Sal die donker woud die antwoorde bring waarna hulle soek?