Moer - Michele Meyer

Moer

Vendor
Protea Distribution
Regular price
R 220.00
Sale price
R 220.00
Regular price
R 220.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Item is in stock.

Dis ’n roman oor die aftakeling wat vrou- en ma-wees op gees en lyf kerf. Daar is ’n ongewone, ontgogelde blik op swangerskap, ontdaan van blosende skoonheid, vreedsame afwagting en innige vervulling; eerder gekenmerk deur vrees, angstigheid en ongemak. Die bloedige slagveld van geboorte word ontstellend verwoord en daarna die allesoorheersende liefde vir die babas. Maar ook die onmoontlike gyselaarsituasie van ’n ongelukkige huwelik: “Om ’n ma te wees is onmenslik moeilik as jou gees gevlug het uit jou lyf.” Dis ook die verhaal van die onwaarskynlike vriendskap tussen ’n ma en stiefma. Kylie en Katrin word mekaar se weemoed.