
Wanneer ʼn dossier uit ’n polisiekantoor verdwyn en onverklaarbaar tot ’n bloedige gruweldaad lei, raak vergelding Thinus Olckers se enigste lewensdoel. Skatryk Patel, groteske oorlewende van ’n strafkamp in Sentraal-Afrika, koester ’n ou wrok wat ten alle koste bevredig moet word. Niks gaan hom stuit nie, ook nie Thinus Olckers nie.