Piekfyn Afrikaans Graad 4 is gemik op leerders wat Afrikaans as
Eerste Addisionele Taal neem. Dit bevat interessante leerstof en
volkleur illustrasies om visuele geletterdheid te bevorder. Al die
taalinhoud, aktiwiteite, speletjies en ander oefeninge word met
dié van ander vakke geïntegreer sodat die kennis wat leerders
opdoen, hulle ervaringswêreld verryk en hul sodoende deeglik
voorberei vir Graad 5.
Die aktiwiteite is gerig op die verwerwing van al die taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, taalspeletjies, stories, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is leerders se voorland. Leerders word deurlopend blootgestel aan luister, praat, lees, kyk, skryf en hulle word uitgedaag om Afrikaanse taalstrukture speels, kreatief, vloeiend en ekspressief te gebruik. Afdelings soos Pitkos, In 'n neutedop, die Indeks, Taalgids en Letterkundegids berei leerders vir enige soort taak voor.
Dan is daar boonop die Piekfyn Afrikaans Leesboek om leerders se leesvaardighede te ontwikkel en 'n liefde vir lees te kweek.