Hierdie gids is saamgestel volgens die voorskrifte van die KABV vir Graad 12 Huistaal. Die Studiewerkgids sal leerders help om die jeugverhaal se inhoud en struktuur te verstaan en om sinvol vir die eksamen voor te berei. Die gids bevat breedvoerige besprekings en toepassing van literêre begrippe vir die genre, kontekstuele vrae volgens kognitiewe vlakke, inhoudsvrae vir afronding vir die eksamen, onderwerpe en riglyne vir literêre opstelle, en verrykingsaktiwiteite om die leerder se belangstelling in en waardering van die jeugverhaal aan te wakker.
Die Studiewerkgids bevat die volgende:
· In-diepte bespreking en toepassing van struktuur, styl, intrige, verteller en vertellersperspektief, karakter en karakterisering, konflik, milieu, tyd, verteller, tema en motiewe.
· Kontekstualisering van die verhaal.
· Pre-lees, tydens lees en post-lees wat toeligting, ontleding en vrae insluit.
· ? Kort opsomming van elke hoofstuk en kontekstuele vrae (met spasie vir leerderantwoorde) wat fokus op begrip van die inhoud van die verhaal.
· Volledige woordverklarings.
· Toetse vir formele assessering/assesseringstake.
Die andwoordstel is gratis aflaaibaar:
Best Books Studiewerkgids Onderwêreld memoranda