Nuwe Alles-in-een Graad 3 Pret met Spel - Mart Meij

Nuwe Alles-in-een Graad 3 Pret met Spel

Vendor
NB Publishers
Regular price
R 105.00
Sale price
R 105.00
Regular price
R 105.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Item is in stock.

Die Nuwe Alles-In-Een se Pret met spel-werkboek vir Graad 3 Huistaal sal kinders opgewonde maak oor spelling en klanke! Hierdie boek bevat byna 50 kaart-, bord- en bewegingspeletjies wat die voorgeskrewe klanke asook sig- en spelwoorde vir Graad 3 op ’n prettige wyse inoefen. Die speletjies gaan gepaard met werkvelle ter inskerping. Voorafinligting en riglyne word vir die onderwyser/ouer gegee.

Wanneer spelling met innoverende speletjies vol beweging – wat groot motoriese ontwikkeling aanhelp – en aksie onderrig word, sal die kind in Graad 3 die werk met vreugde en opwinding aanpak en nie verveeld raak nie. Die onderrig van spelling met een prettige speletjie ná die ander sal kinders én ouers en onderwysers lus maak om te spel.

Dié werkboek hersien eers die klanke en spelling van Graad 1 en 2, en gee dan aandag aan lettergreepverdeling, meervoude, verkleinwoorde en spelreëls wat voorgeskryf is vir Graad 3. Die vlot herkenning en skryf van die voorgeskrewe 300 sigwoorde word ingeoefen.

Hierdie werkboek bevat wenke en riglyne vir die deelname aan spelkompetisies.

Ook beskikbaar in Engels.