BB Eksamenhulp: Gr 12 Afrikaans vir HT
Product image

BB Eksamenhulp: Gr 12 Afrikaans vir HT

Vendor
NB Publishers
Regular price
R 228.00
Sale price
R 228.00
Regular price
R 228.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
In stock

Die Best Books Eksamenoefenboek vir Graad 12 Huistaal is ’n gebruikersvriendelike werkboek wat ’n wye verskeidenheid taaloefeninge bevat om leerders met eksamenvoorbereiding te help, en waardevolle wenke en praktiese idees vir die beantwoording van Vraestelle 1 en 3 is ingesluit. Hierdie taaloefeninge en konsepvraestelle met wenke sal die worstelende én die vooruitstrewende Huistaal-leerder help om beter te vaar in die eksamen. 

Die eksamenoefenboek


is saamgestel volgens die vereistes van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring en die nuutste uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls.

bevat taaloefeninge wat teoretiese kennis oefen en toets, en die geleentheid bied om dié kennis toe te pas.

bevat wenke met voorbeelde ter voorbereiding van toetse en eksamens.

sluit vier konsepvraestelle vir Vraestelle 1 en 3 in.

bied plek vir antwoorde, vir maklike hersiening en verwysing.

is geskik vir gebruik in die klaskamer of tuis