Doodsake op Karibib - Isa Konrad

Doodsake op Karibib

Vendor
Lapa Uitgewers
Regular price
R 290.00
Sale price
R 290.00
Regular price
R 290.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
This product is either out of stock or available on pre-order. Please click on "Place an Order" to order the product.

ALET EN INSPEKTEUR CON DORFLING HET MEKAAR OP KARIBIB IN NAMIBIË ONTMOET, waar Alet haar net tydelik sou bevind nadat haar huwelik lelik skeefgeloop het. Toe is sy daar weg. Wat Con so ontstel en verheug, is dat sy nou terug is. Maar dit val saam met ’n moord, of vermoedelik ’n moord. Want al wat op moord dui, is die lyk wat in ’n vlak graf in die Von Bülow-woning se tuin ontdek word. Die lyk of wat daarvan oor is, lê al vyf en twintig jaar daar – ’n doodloopsaak, of só het dit gelyk. Die Von Bülow-susters is egter oornag uit Karibib weg en Con sit met sy hande in sy hare. Nie net oor die lyk nie, maar veral oor Alet. Wil sy hom hê en hy vir haar, of nie? Gaan sy nou ontslae raak van die man met wie sy nog net in naam getroud is of nie? Toe gaan Alet sowaar weer weg. Sal sy terugkom – wanneer alles verby is? Doodsake op Karibib is die tweede boek in Isa Konrad se Karibib-reeks. Dit volg op Moord op Karibib (2016).